Hof bevestig : Nasionale kurrikulum bind nie private onderwys nie
Verklaring deur die Pestalozzi Trust 25 Maart 2011
Regter Cynthia Pretorius het vandag in die Pretoriase Hooggeregshof verklaar dat die nasionale kurrikulum nie bindend is op onafhanklike skole en ouers wat tuisonderwys gee nie.
Die regter het ‘n aansoek deur tuisskolers en private skole, om die kurrikulum nie-bindend te verklaar, verwerp. Sy het beslis dat ‘n uitspraak van die Grondwetlike Hof in 2001 die aansoek oorbodig maak.
Mnr. Bouwe van der Eems van die Pestalozzi Trust, ‘n regsfonds vir burgerlike en tuisonderwys het nogtans die uitspraak verwelkom omdat dit bevestig dat private onderwysinstellings eise om volgens die staatskurrikulum te onderrig, rustig kan ignoreer.
Hy verklaar dat dit rustigheid sal bring by duisende ouers en private onderwysinstellings wat hulle gedurig moet verset teen onregmatige eise en druk van onderwysamptenare dat hulle kinders ooreenkomstig die nasionale kurrikulum moet onderrig.
Hy wys daarop dat tienduisende tuisskoolouers en duisende private skole tot dusver geweier het om by die owerheid te registreer weens onregmatige eise soos dat hulle aan die nasionale kurrikulum moet voldoen as voorwaarde vir registrasie. Van der Eems meen dat hierdie ouers en skole deur hierdie uitspraak gelyk gegee word.
Hy meld dat vele ouers en skole ook tevore geswig het onder intimidasie deur onderwysamptenare om aan sulke onregmatige eise te voldoen. Hy verwag dat meer van hulle nou sal opstaan vir die internasionaalerkende reg van kinders om onderwys te ontvang wat verskil van die onderwys wat die staat aanbied.
Die Pestalozzi Trust betreur dit dat die saak so lank geduur het en kry die indruk dat die minister die minister hand en tand geveg het om die saak uit die hof te hou terwyl sy en amptenare op alle vlakke volgehou het om die kurrikulum op private onderwys af te dwing. Die Trust doen ‘n beroep op onderwysowerhede om in die toekoms beter met belanghebbendes te kommunikeer en konsulteer oor die maatreëls wat hulle op private onderwys probeer afdwing.
Vir verdere inligting: Leendert van Oostrum 012 330 1337
===================================================
Events
Legal & Research
Homeschooling and the law
Home schooling was recognized in 1996 in Section 51 of the SA Schools
+ ViewCentres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
Frequently Asked Questions
-
What is home education or homeschooling?
Home education is the oldest form of education. The school system as we know it is actually fairly new. It is done under the guidance and the...
-
Do home learners get homework?
In general all their schoolwork is homework and they do not get to do extra work in the afternoons. A tutor might give some extra work to complete...
-
Do homeschoolers take holidays?
Yes, they take breaks. Some homeschool families follow the public school year calendar especially if they are involved in sport and music...
-
Do I need to be a qualified teacher?
No. Research has found no correlation between the qualification of the parent and the academic performance of the child. Research shows that...
Has no content to show!

Comments