Ondersteun Tuisonderwys Verenigings om met regering te vergader
Die Pestalozzi Trust het 2014 begin met ‘n publikasie getiteld : “Onweerswolke dreig vir tuisonderwys”. Hierdie artikel beskryf die ontwikkeling van toenemende samewerking tussen drie partye wat op die lange duur tuisonderwys drasties sal inperk. Die drie partye is die staat, onderwysvakbonde en institusionele beleggers. Heelwat het hierdie jaar gebeur wat bevestig dat die bekommernisse van die Pestalozzi Trust geldig is, insluitende die beoogde drakoniese regulasies oor tuisonderwys van die Departement van Basiese Onderwys (DBO) wat uitgelek het.
Staatskole is onder totale beheer van die staat en dit is in 2014 nog versterk deurdat ook die keuse van handboeke weggeneem is van skole. Die regulering van privaatskole is besig om eksponensieel toe te neem sodat hierdie onderwysvorm binnekort slegs toeganklik sal wees vir ryk mense. Slegs tuisonderwys bly oor as ‘n bekostigbare vorm van onderwys wat ouers kan kies om aan hulle kinders kwaliteit onderwys te gee, in lyn met hulle waardes en wat aangepas kan word volgens die behoeftes van elke individuele kind. As die DBO toegelaat gaan word om hulle beoogde regulasies in te stel sal hierdie vorm van onderwys ook getransformeer word in ’n duur, onbuigbare vorm van staatsonderwys tuis.
Gelukkig is die tuisonderwysverenigings in Suid-Afrika uitgenooi deur die DBO om deel te neem aan die hersiening en finalisering van die beoogde beleid en regulasies oor tuisonderwys. Hierdie vergaderings gaan plaasvind op 9 en 10 Oktober 2014 en 29 en 30 Januarie 2015 in Pretoria. Tuisonderwysverenigings vanoor die hele land beplan om verteenwoordigers na hierdie vergaderings te stuur en alles in hulle vermoë te doen om die vryheid van ouers om die soort onderwys vir hulle kinders te kies te behou. Die verenigings werk ook almal saam in die Suid-Afrikaanse Koalisie vir Tuisonderwys.
Events
Legal & Research
Homeschooling and the law
Home schooling was recognized in 1996 in Section 51 of the SA Schools
+ ViewCentres
Homeschool ABC
Support
Curriculums
Teneo Online School
Online High School, Primary School and Pre-Primary School offering ...
Ginini Training Institute
Ginini Academy is an EdTech home education content provider ...
Frequently Asked Questions
-
Where can I find homeschool support groups?
There are many support groups consisting of parents that do things together and help each other. These groups operate on Facebook, mailing lists and...
-
What is home education or homeschooling?
Home education is the oldest form of education. The school system as we know it is actually fairly new. It is done under the guidance and the...
-
How does homeschooling work?
Homeschooling is different for every family as it depend on the parents educational goals for their children Education is the development of the...
-
Do I need to be a qualified teacher?
No. Research has found no correlation between the qualification of the parent and the academic performance of the child. Research shows that...
Has no content to show!

Comments